Gr. 10: Opsommings + flitskaarte

Original price was: R200,00.Current price is: R149,00.

Eksamens is om die draai, en daar’s net nie meer tyd om self op te som nie? Ons het die moeilike stuk vir jou gedoen. In hierdie bundel is daar 16 kompakte eenbladsy-opsommings (‘n bladsy vir elke afdeling van die fisika en die chemie). Vir elke afdeling wys ons jou presies wat gevra word: die definisies wat gereeld uitkom, plus die tipiese vraagtipes vir elke afdeling. Jy kry ook flitskaarte vir al die definisies, want daar’s baie, en hulle’s belangrik. Alles is gebaseer op die KABV-kurrikulum vir Fisiese Wetenskappe, in Afrikaans. Laai dadelik af, druk uit en begin!

Category:

Description

Eksamens oor ‘n maand? Haal diep asem. Julle’s gereed vir fisiese wetenskappe.

Ons weet hoe dit voel. Die handboek is dik, die klasnotas is oral, en niemand weet nie meer waar om te begin nie. Wat is belangrik? Wat gaan gevra word? Waar gaan jou kind die tyd kry om alles op te som?

Hier’s die goeie nuus: hulle hoef nie.

Met ons “toolbox”-notas is die opsommings klaar. Jou kind kan nou vinniger begin met ou eksamenvraestelle oefen.

Wat kry jy in die bundel?

  • 9 x Fisika-opsommings
    Een bladsy per afdeling. Al die kritiese teorie, netjies en duidelik op een plek.
  •  7 x Chemie-opsommings
    Dieselfde idee: met ‘n oogopslag sien jy wat aangaan en hoe alles in mekaar pas.
  • Flitskaarte vir al die definisies
    Vir fisika én chemie. Druk uit, knip uit en leer hulle in.

Elke bladsy wys jou:

  • Die definisies wat gereeld gevra word. Jy weet dus waar om ekstra aandag te gee..
  • Die vraagtipes wat die meeste uitkom. Geen verrassings in die eksamenlokaal nie.
  • Die kritiese teorie vir die afdeling. Net die belangrike werk, nie elke liewe detail nie.

Definisies: die maklikste punte om nie te verloor nie

Definisies kan tot 18% van jou eksamen tel. Dis ook punte wat jy kan gaan haal, as jy net die definisies ken. Die probleem is net… daar is so baie van hulle.

Daarom kom die bundel met flitskaarte vir al die definisies. ‘n Paar minute per dag, en voor jy jou kom kry, is hulle vasgelê.

Jou plan vir die volgende paar weke

  1. Laai af en druk uit. Jy kan vandag al begin.
    2. Maak dit joune. Krap, highlight en skryf by uit jou klasnotas.
    3. Oefen ou vraestelle met die notas langs jou. Kyk na die notas wanneer jy vashaak.
    4. Vat die notas weg. Sodra die vrae maklik begin voel, oefen sonder hulle. Dis wanneer jy weet jy’s gereed.

Vir ma’s (en pa’s) 

Jy wil net weet jou kind se wetenskap gaan okei wees. Ons verstaan. Hierdie notas is opgestel deur Febé Meyer, die brein agter KennisKafee. Sy is ‘n wetenskaplike (MSc in Biotegnologie) met 6 jaar ondervinding as leerontwerper en ‘n dekade se ervaring as ‘n tutor. Sy weet hoe om moeilike werk eenvoudig te maak, en hoe leerders regtig leer.

Dis nie ‘n duur tutor nie. Dis ‘n slim kortpad na die werk wat saak maak, in Afrikaans, teen ‘n prys wat jou sak pas… minder as ‘n uur se privaat ekstra klas.

Gereelde vrae

Is dit ‘n fisiese produk?
Nee, dis ‘n digitale aflaai (PDF). Jy kry dit dadelik na betaling en kan dit so dikwels uitdruk as wat jy wil.

Watter graad is dit vir?
Graad 10, volgens die KABV-kurrikulum.

Wat as my onderwyser ‘n definisie effens anders gee?
Dit gebeur soms, want daar’s verskillende weergawes van sommige definisies. Gee altyd voorkeur aan jou onderwyser se weergawe en pas jou flitskaart aan. Dis presies hoekom die notas gemaak is om op te skryf.

Hoe leer ek die flitskaarte die beste?
Druk hulle agter-op-mekaar uit (die nommers voor en agter moet oplyn) en gebruik die Leitner-sisteem. Ons gee jou die instruksies in die pak.

Vervang dit my handboek?
Nee, dit is jou toolbox langs die handboek. Dit help jou om vinnig te hersien, te sien wat belangrik is en doelgerig te oefen.

Klaar met soek. Tyd om te oefen.

Die eksamen kom of jy reg is of nie. Gee jouself die voorsprong: laai die Toolbox-notas vandag af en spandeer jou tyd waar dit punte bring.