Gr. 10: Opsommings + flitskaarte + videos (2026)

R699,00

Ons het soveel navraag gehad vir ons Lenteskool 2026 se opnames dat ons besluit het om dit vir almal beskikbaar te maak! Alles wat jy nodig het om die hele Graad 10 Fisiese Wetenskappe sillabus te hersien, op een plek: ✔ 12 ure se video’s wat die hele sillabus dek, “crash course”-styl ✔ ‘n Volledige stel eenbladsy-opsommings ✔ Flitskaarte vir al die definisies (meer as 100), reg om uit te druk ✔ KABV-kurrikulum, in Afrikaans. Kyk wanneer dit jou pas. Stop, speel terug en kyk weer.

Category: ,

Description

Die hele jaar se werk. Een bundel. Maak reg vir eksamens.

Die eksamens is hier, en jou kind het dalk ‘n paar afdelings wat nog nie heeltemaal onder knie is nie.

Ons Lenteskool-leerders het presies hierdie probleem in die vakansie aangepak, en die resultate spreek vanself. Nou kan jou kind ook baat vind daarby, op hulle eie tyd.

Vir minder as die prys van 2 ure by ‘n privaat tutor, kry jy:

🎥 12 ure se video’s: die hele Gr. 10 Fisiese Wetenskappe-sillabus

  • Elke afdeling word “crash course”-styl verduidelik.
  • Dit dek die mees kritieke werk, sonder om in elke detail te verdwaal.
  • Die fokus is op verstaan en praktiese eksamenvoorbereiding.
  • Elke afdeling eindig met vinnige voorbeelde, sodat jy sien hoe die werk in vrae gevra word.

📘 Die volledige stel eenbladsy-opsommings
9 fisika- en 7 chemie-opsommings. Elkeen wys die definisies wat gereeld gevra word, die tipiese vraagtipes en die kritieke teorie vir die afdeling.

🗂️ Flitskaarte vir al die definisies
Definisies kan tot 18% van jou eksamen tel. Dis maklike punte, as jy hulle ken. Druk uit, knip uit en leer in.

Wat sê die Lenteskool-leerders?

Ná Lenteskool het ons die leerders gevra hoe hulle oor hul vermoë in Fisiese Wetenskappe voel, voor en ná die klasse.

Op gemiddeld, voel hulle dubbel so selfversekerd. Hier’s wat hulle die meeste geniet het:

💬 “Hoe goed die tannie verduidelik het en dat sy gevra het of ons verstaan.”

💬 “Om te leer, maar op dieselfde tyd soveel pret te hê met al Tannie Febe se grappies en haar stories!”

💬 “…ek hou baie van die opsommings wat juffrou vir ons gemaak het, asook die flitskaarte met die definisies.”

💬 “Die grappies, die motivering en die manier waarop die werk verduidelik word.”

Hoekom werk die bundel so goed?

Die video’s en opsommings is gemaak om saam te werk.

1. Kyk die video vir ‘n afdeling wat jou pla. Jy kan stop en terugspoel soveel as wat jy nodig het.
2. Hou die opsomming langs jou. Krap en highlight terwyl jy kyk.
3. Oefen ou vraestelle met die opsomming as jou toolbox.
4. Leer die definisies met die flitskaarte, ‘n paar minute per dag.

Met net 12 ure se video’s, is dit nog moontlik vir jou kind op deur alles te kom voor die eksamen (veral op 1.5 spoed).

‘n Eerlike woordjie oor die video’s

Die video’s is opgeneem tydens die regte Lenteskool-klasse en is nie mooi gemaak of swaar ge-edit nie. Jy kry die klas soos dit gebeur het: die verduidelikings, die voorbeelde en die “aha!”-oomblikke. Dis nie ‘n Hollywood-produksie nie, maar dit werk.

En ja, al die geselsies, grappies en stories is ook ingesluit. Volgens die leerders is dit een van die beste dele. 😄

Onthou…

Graad 10 is die fondasie vir Graad 11 en 12. Gate wat nou bly, word later net groter.

‘n Vakansieskool of privaat klasse vir die hele sillabus kos ‘n fortuin, en dan moet jy nog rondry ook. Met hierdie bundel kry jou kind die hele jaar se werk, by die huis en teen ‘n fraksie van die prys.

Ons leerders sê self die beste deel was hoe die werk verduidelik is. Febe is die brein agter KennisKafee. Sy is ‘n wetenskaplike (MSc in Biotegnologie) met duisende ure se ondervinding as leerontwerper en 10 jaar se ervaring as ‘n tutor. Sy het ‘n gawe om moeilike werk eenvoudig te maak.

Opsommings en flitskaarte alleen: R149. Kry die volle bundel met 12 ure se video’s vir net R699.

Gereelde vrae

Hoe kry ek toegang tot die video’s?
Direk na betaling is daar ‘n skakel, waar jy kan opteken op ons platform en toegang kry tot die kursus.

Hoe lank het ek toegang?
Die kursus is geldig vir 3 jaar, tot jou kind veilig uit matriek is.

Is die opsommings en flitskaarte digitaal?
Ja, dis PDF’s wat jy dadelik kan aflaai en so dikwels as wat jy wil kan uitdruk.

Kan ek die video’s op my foon kyk?
Ja! Ons platform is selfoon-vriendelik, maar kontak ons as daar tegniese probleme is.

Wat as my onderwyser iets anders doen?
Daar is soms klein verskille tussen skole en onderwysers, veral by definisies. Gee altyd voorkeur aan jou onderwyser se weergawe, en skryf dit op jou opsommings by.

Is dit net vir Graad 10?
Ja, dit volg die Graad 10 KABV-sillabus.

Die Lenteskool is verby, maar jy kan steeds hulp kry.

Kry die hele sillabus, die opsommings en die flitskaarte vandag, en stap die eksamenlokaal in wetende jy is gereed.

Related products