Ontmoet jou Wetenskap tutor

wetenskap tutor

In 2004 het ek as Dux-leerder aan Hatfield Christian School gematrikuleer, met sewe onderskeidings, en daardie jaar onder die top 50 IEB-leerders in Pretoria geëindig. Daarna het ek drie grade Cum Laude voltooi en uiteindelik my MSc in Biotegnologie verwerf.

Dit klink indrukwekkend… maar dit is nie die hele storie nie.

Agter al die prestasie moes ek baie dinge op die harde manier leer. Vir meer as ‘n dekade van my lewe het ek myself in die rooi in gedruk. Ek het skaars tyd gehad vir vriende, of enigiets wat naastenby lyk soos ‘n gebalanseerde lewe.

Wanneer ek nou terugkyk, besef ek watter groot verskil regte, persoonlike ondersteuning sou gemaak het. As daar net iemand was wat my kon gewys het hoe om dinge die maklike manier te doen…

Toe ek ’n privaat tutor geword het, het ek besef dat tieners meer nodig het as net hulp met Wetenskap.

Hoe kan ek jou kind help met fisiese en natuur wetenskappe?

As ouer wat hierdie lees, wil ek vir jou sê dat dit moontlik is om jou kind te help goed voel oor Wetenskap.

Ek werk saam met my studente om hulle te help om Wetenskap te studeer op ‘n manier wat vir hulle werk en ek verduidelik die konsepte waarmee hulle sukkel en help hulle totdat hulle dit self kan doen.

KennisKafee bied ‘n verskeindenheid dienste aan vir elke kind se unieke behoeftes. Kontak my gerus en ons gesels saam ‘n oplossing vir jou te kry.

Wat elke kind nodig het:

Na ’n dekade van tutoring weet ek dat die tieners wat ek help die volgende nodig het:

  • Selfvertroue. Dit is die sleutel wat sukses ontsluit. Sonder dit presteer leerders byna altyd onder hul potensiaal.
  • Vaardighede om stres te hanteer, tyd goed te bestuur, mooi met hulleself te praat en effektief te studeer.
  • Toegang tot hulpbronne. Aanlyn hulpbronne maak dat almal tot in die eindhoeke van Suid Afrika toegang het tot hulpbronne.
  • Bekostigbare hulp. Nie almal se omstandighede is dieselfde nie en daarom bied KennisKafee ‘n verskeindeheid dienste wat elkeen se sak pas.
  • Om te weet dat hulle baie slimmer is as wat hulle dink.