Aanlyn Wetenskap klasse
Kenniskafee is ’n aanlyn klaskamer vir hoërskoolleerders wat Wetenskap beter wil verstaan, slimmer (en vinniger) wil leer en met selfvertroue in die eksamen wil instap.
Dis ’n plek vir lekker gesels, lag en vrae vra — maar ook vir gefokusde, gestruktureerde leer. Hier werk ons doelbewus daaraan om moeilike konsepte eenvoudig en verstaanbaar te maak, sodat jy nie net deurkom nie, maar regtig verstaan wat jy doen.
- ‘n Aanlyn platform met alles wat jy nodig het om te presteer.
- Weeklikse groepsessies
- Klasse angebied deur ‘n gekwalifiseerde Wetenskaplike
- ‘n Plek waar jy vrae kan vra
- Bonusmateriaal word weekliks opgelaai. Dit sluit in hulpbronne soos notas, opsommings, flitskaarte, breinkaarte en video’s.
- Hersieningsessies wat help vir deeglike verstaan, vaslegging, en voorbereiding vir toetse en eksamens.
- Ekstra Q & A sessies tydens eksamen tye.
By wie leer jy?
Hi, ek is Febé Meyer, ’n wetenskaplike met ’n MSc in Biotegnologie, ’n tutor met meer as nege jaar se ervaring, en ’n professionele wetenskapskommunikeerder en leerontwerper met 14 jaar ondervinding.
Ek gebruik my liefde en kennis van wetenskap en kombineer dit met my ervaring as ‘n tutor en leerontwerper om wetenskaplike konsepte toeganklik en brein-vriendelik te maak.

- Weeklikse aanlyn groepsklasse vir elke graad tydens die kwartaal. Hierdie dien as
- ’n Aktiewe ruimte waar jy vrae kan vra en ondersteuning kan kry wanneer jy vasbrand.
- ‘n Ondersteuningsnetwerk en plek om motivering te vind.
Kenniskafee bied gestruktureerde ondersteuning teen ’n fraksie van die koste van individuele ekstra klasse.
Vir wie is Kenniskafee?
Kenniskafee is vir hoërskoolleerders wat:
- Wetenskap beter wil verstaan
- Meer effektief wil leer vir toetse en eksamens
- Punte wil opbou of in stand wil hou
- Ondersteuning wil hê sonder die hoë koste van individuele ekstra klasse
- Aanlyn groepsklasse wil bywoon
- ‘n Plek soek om vrae te vra
- Graag wil hersien en opsom sodat eksamens nie ‘n krisis word nie
- Reg is om ander te help en te bemoedig
- Toegang tot verskeie hulpbronne soek wat toetsvoorbereiding makliker maak.
Kenniskafee is nie vir leerders wat:
- Erg sukkel en in gevaar is om te druip nie (hulle het ‘n individuele tutor nodig)
- Intensiewe aandag en individuele hulp nodig het nie
- ‘n Volledige video biblioteek van die hele kurrikulum soek nie (ons bied regstreekse groepsklasse aan, en verskaf soms kort videos en bonus hulpbronne, maar ons het nie tans ‘n volledige biblioteek nie).
Dis ‘n aktiewe ondersteuningsnetwerk wat leer optimiseer en in ag neem hoe mens se brein leer, nie ‘n passiewe “plug-and-play” sisteem nie.
Klastye* vir 2026
Maandag 18h00: Graad 10
Dinsdag 17h00: Graad 9
Dinsdag 18h00: Graad 11
Donderdag 17h00: Graad 8
Vrydag 17h00: Graad 12
*As jy graag wil aansluit maar die huidige tye pas jou nie, kontak Febé. Soos daar genoeg aanvraag is maak ons nuwe tye beskikbaar.
